
Philip Kerr
AuthorBio
PHILIP KERR (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede.
Vertaal deur die hoogs aangeskrewe Suid-Afrikaanse vertaler, roman- en kortverhaalskrywer ZIRK VAN DEN BERG. Hy is die vertaler van Wilbur Smith se boeke in Afrikaans.